This website is not supported by your current version of your browser.

Please Upgrade to a different browser
or
Install Google Chrome Frame to experience this site.

Stap 1:  WEN (Nuwe Lewe)

 
Die doel van Stap 1 in die Voetspore proses is om die persoon van bekering, wedergeboorte, waterdoop en die doping in die Heilige Gees te leer. Ons beveel jou sterk aan om na die voltooiing van hierdie stap by ʼn dissipelskapsgroep aan te sluit.
 

Stap 2:  VESTIG (Vrymakende Waarhede)

 
Die doel van hierdie kursus is om die gelowige in die vrymakende waarhede van ons Here en Verlosser, Jesus Christus, te vestig. Die dinamiek van vrymakende Heilige Gees-geïnspireerde Woordwaarhede is ʼn noodsaaklikheid vir elke Christen wat ʼn lewe van volheid en oorvloed wil lei. As jy nuut tot die Voetspore-reeks is beveel ons aan dat jy die Nuwe Lewe-kursus begin.
 

Stap 3:  TOERUS (Bybelse Fondasie)

 
Die doel van hierdie kursus is om die nuwe gelowige met ʼn basiese Bybelse fondasie toe te rus. As jy nuut tot die Voetspore-reeks is, beveel ons aan dat jy met Nuwe Lewe en Vrymakende Waarhede-kursus begin.
 

Stap 4:  STUUR (Dissipelmakers)

 
Die doel van hierdie kursus is om gelowiges toe te rus om effektiewe dissipelmakers te wees en so Jesus se Groot Opdrag (Matt. 28:18-20) te gehoorsaam. As jy nuut tot die Voetspore-reeks is beveel ons aan dat jy met die Nuwe Lewe, Vrymakende Waarhede en Bybelse Fondasie begin. 
Tweet
Share
+1