This website is not supported by your current version of your browser.

Please Upgrade to a different browser
or
Install Google Chrome Frame to experience this site.

Dink Soos ‘n Arend

14 July 2019, 09:00

ALLE PREKE

Skrifgedeelte vir die week: Luk. 23:34 “En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!”

1. ‘n Arend is ‘n simbool en simbole is die wyse waarop ons openbaring van die Here ontvang. Simbole het dieper betekenisse:
• Natuurlike vergelyk met geestelike Rom. 1:20
• Die arend verteenwoordig waagmoed, ‘n strekking van jou limiete en ‘n begeerte om hoër te vlieg (meer te bereik) en jy glo dat dit moontlik is.
• NB: Ons leef van geloof tot geloof Rom. 1:17, Rom. 10:17

2. Ons belangrikste regstelling is ons harte. Woord-saad in ons harte bring goddelike lewe voort.
• Ons praat maklik oor ‘vergifnis’, nogtans sukkel ons daarmee.
• Ons moet verteenwoordigers van die Here se liefde, genade en vergifnis wees Luk. 23:34. Ons sonde het Jesus ‘n kruisdood laat sterf.
• Jesus vergewe – ons moet vergewe. Hy is ons ‘Voorbeeld-Broer’ en ‘Verlosser-Broer’.

3. Ons leer die ‘Onse Vader’ gebed en ons bid ‘vergewe my sonde soos wat ek my skuldenaars vergewe’.
• In kort bid ons: ‘behandel my soos ek ander behandel’ en dit beteken as ek iemand haat moet U my haat?
• NB: Vergifnis is die grootste Christen waarheid. Dit skyn baie helder in die hemel. Jy moet die groot prentjie sien.

4. Arende volg die hoër weg. Dink soos ‘n arend en nie soos ‘n hoender of ‘n aasvoël nie.
• Hoenders eet sade ens. en aasvoëls eet dooie goed.
• Arende eet altyd vars lewegewende kos.
• As jy altyd op die grond kyk en dooie goed eet sal jy nooit soos ‘n arend kan vlieg nie.
• NB: Jy kan nie by ou dooie gedagtes vashaak nie; jy sal nooit kan opstyg nie.
• Onvergifnis hou jou in die hoenderhok en by die dooie dinge.
• Gedagtes wat jou beheer sal oor jou heers en jou vernietig en as dit jou beheer, is jy ‘n slaaf.
• Kinders baklei dan vergewe hulle, dan praat ouers nog nie met mekaar nie.

5. Waar kom dit vandaan? Van familie gewoontes en patrone.
• Onvergifnis hou jou gespanne, verbitterd en die steel jou slaap. Nou is jy nie meer kreatief nie.
• Jou geskiedenis maak jou bestemming dood. Jy moet laat gaan.
• Jy sal belê waar jy emosies ervaar of dit positief of negatief is.

6. Soms wil ons iets nie regstel nie want dit is hulle/sy/haar skuld Matt. 5:23-24. Die Here sê: ‘deel met wat verkeerd is’.
• Moenie toelaat dat iemand jou atmosfeer beheer nie.
• Stel vry en span jou vlerke van lof  en dankbaarheid en vlieg saam met die arende.
• Vat jou vryheid terug Jak. 1:25

7. Dink aan wie jou seer gemaak het? Was dit ‘n swakheid of ‘n boosheid? Onthou, jy het ook swakhede.
• Toon genade Matt. 5:7 en jy ontvang genade. Daar is ‘n verskil tussen geregtigheid en genade.
• Jesus het nie gesê: ‘Ek kom dat julle kerk kan hou nie, maar dat julle lewe en oorvloed kan hê’.

Gebruik jou geloof vir bevryding nie as ‘n verdowingsmiddel nie.
Jesus liefde, Nevil

Laai Preeknota af

ALLE PREKE