This website is not supported by your current version of your browser.

Please Upgrade to a different browser
or
Install Google Chrome Frame to experience this site.

Dag 8: God is jaloers op jou

TERUG

Want jy mag jou nie neerbuig voor ‘n ander god nie; want die HERE se Naam is Jaloers —’n jaloerse God is Hy.

Ongesonde jaloesie is wanneer jy aan iets wil vashou wat nie aan jou behoort nie. Gesonde jaloesie is wanneer jy iemand wil beskerm omdat iets of iemand jou regmatige plek in daardie persoon se lewe probeer steel. God het jou gemaak om Hom bo alles lief te hê. Wanneer iets jou verhoed om dit te doen, gaan Hy jaloers wees op Sy verhouding met jou. Ek moedig jou vandag aan om enige iets wat tussen jou en jou verhouding met die Here staan by die kruis neer te lê. Laat toe dat die Here weer Sy regmatige plek in jou lewe inneem.

Gebed: Vader my lewe behoort aan U, help my om my tyd, energie en finansies so te bestuur dat dit nie tussen my en U verhouding sal kom nie. Amen.