This website is not supported by your current version of your browser.

Please Upgrade to a different browser
or
Install Google Chrome Frame to experience this site.

Dag 3: Jesus ons offer

TERUG

Maar Jesus Christus het één offer vir die sondes gebring en vir altyd aan die regterhand van God gaan sit.

Wanneer ek aan hierdie offer dink, visualiseer ek ‘n lammetjie wat na die slagpale gelei word. Tog is Christus beide die lam en die leeu. Ek hou van die manier waarop CS Lewis dit uitbeeld in die boek ‘The Lion, The Witch and the Wardrobe’. Die groot en magtige leeu kies om gelei te word as offer al kan hy enige tyd los breek. Hy kies om die offer te wees vir die een wat hom verraai het. Wanneer ek in die posisie is om ander te oordeel herinner ek myself daaraan dat Christus vir my sondes sowel as vir die ander persoon se sondes gesterf het.

Gebed: Here ons bely dat ons daagliks op verskillende maniere die teiken mis en meestal kom ons dit nie eers agter nie. Ons nooi U om ons te kom bedien net soos ons is, en net waar ons is. Ons wil ‘n lewende offer aan U bring wat U sal behaag. Ons verwelkom die werk wat U Heilige Gees in ons doen, elke dag, elke uur, elke minuut en elke oomblik. Ons bid dit in die naam van Jesus Christus.