This website is not supported by your current version of your browser.

Please Upgrade to a different browser
or
Install Google Chrome Frame to experience this site.

Dag 18: Wees stil en weet Hy is die Here

TERUG

Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van ‘n skelm nie.

Die Here nooi jou uit om Hom te vertrou in hierdie jaar. Dit beteken om Hom toe te laat om te doen wat net Hy kan doen en nie op jou eie krag staat te maak nie. Om laag te buig voor die Here en om op Hom te wag is om oor te gee aan Hom en dan te sien hoe Hy in elke opsig vir jou deur kom. Dit sluit aan by Eksodus 14:14 wat sê: “Die Here sal vir julle stry, en jy moet net stil wees.” Voordat jy vandag reageer op die ongeregtigheid en aanvalle wat jy beleef, laat jouself toe om vir ‘n oomblik stil te word en op die Here te wag.

Gebed: Dankie Jesus dat U die geveg gewen het aan die kruis en dat die vyand verslaan is deur U opstanding. Help my vandag om in hierdie oorwinning te stap. Dankie dat U vir my veg en dat ek vandag net stil in U teenwoordigheid kan wees. Amen.