This website is not supported by your current version of your browser.

Please Upgrade to a different browser
or
Install Google Chrome Frame to experience this site.

Dag 15: Die opregte hart

TERUG

U verwag opregtheid diep in ‘n mens se hart: laat ek dan diep in my binneste weet hoe U wil dat ek moet lewe.

Koning Dawid het Psalm 51 geskryf nadat hy teen God gesondig het. Hy was deeglik bewus van sy sondes en sy gewete het soos ‘n reus voor hom gestaan en hom voortdurend daaraan herinner. Tog het Dawid iets van God se genade verstaan. Dawid het geweet dat hy God nie kon vermy nie. Hy kon nie eers die werklikheid van wat in sy hart aangaan vir God wegsteek nie. Daarom het hy alles aan God bely en geweet dat God hom sekerlik sou vergewe, en God het dit sekerlik gedoen. Wees vandag opreg met God, want God hou van egtheid. Hy word nie mislei as ons Hom probeer vermy of ons sondes vir Hom probeer wegsteek nie. Inteendeel, Hy weet alles en Hy wil ons vergewe. Hardloop na Hom toe en Hy sal jou volmaak met Sy liefde en genade.

Gebed: Dankie Here dat U my so lief het en dat U my geken het nog voor die grondlegging van die wêreld. Help my Heilige Gees om altyd opreg met U te wees.