This website is not supported by your current version of your browser.

Please Upgrade to a different browser
or
Install Google Chrome Frame to experience this site.

Dag 14: Die Here roep jou tot intimiteit

TERUG

Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Die Here is opgewonde om tyd met jou te spandeer. Hy nooi jou uit om Hom met vrymoedigheid te nader en by Sy voete te sit en tyd met Hom te spandeer. Daar is geen voorwaardes nie as om net jouself te wees en toe te laat dat Hy jou vol maak met Sy barmhartigheid en genade, sodat jy in Sy krag enige situasie kan aanpak wat hierdie jaar voorlê.  Sal jy vandag reageer op die uitnodiging om stil te word, by die voete van Jesus te gaan sit, en vol te word van Sy liefde?

Gebed: Dankie Here dat ons vrye toegang het tot U troonkamer en by U voete kan sit en volgemaak kan word met U liefde en genade. Amen.