Kinder Toewyding
Vir enige navrae kontak gerus vir Mimmie Roos
Tel: (012) 845 8333
E-pos: [email protected]

U kind is vir die Here, vir u as ouer en vir Lewende Woord uiters kosbaar. Dit is daarom ons voorreg om hulle in toe te wy. Dit beteken dat ons as gemeente, u en u familie tydens die erediens oor die kinders bid en hulle plegtig aan die Here toewy. Verder ontvang u as ouerpaar ook ‘n profetiese woord oor u kind , wat deur Lewende Woord se profetiese span gedoen word. Jesus sê in Markus 10:14-16: “Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God. Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.” En Hy het sy arms om hulle geslaan, sy hande op hulle gelê en hulle geseën.
Kinder Toewydings vorms is by die Inligtingstoonbank by Lewende Woord Brummeria beskikbaar.
Let wel:
- Registrasies sluit op die Donderdag voor na die inligtingsessie vir ouers.
- Die inligtingsessie is verpligtend vir alle ouers.
- Foto’s moet teen die Woensdag NA die inligtingsessie ingestuur word.
Inligtingsessie(Afr) direk na 09:00-diens in Kapel & (Eng) direk na 11:15-diens in die Konferensie-lokaal. Verpligtend vir alle ouers |
Toewydings datums: 2020Inseënings vind plaas tydens die Afrikaans 09:00 / Engels 11:15 dienste. Sondag Oggend |
|
|