Kinder Toewydings
2021
Vir enige navrae kontak: Mimmie Roos
Tel: (012) 845 8333
Epos: [email protected]
Ons wy ons kinders aan God toe as ‘n daad van vertroue dat God se hand op die kind sal wees en dat God se wil in sy / haar lewe sal geskied. Ons as gemeenskap sal saam bid oor die kind as ‘n daad om hulle aan God toe te wy. Dit sal tydens die diens plaasvind en ons profetiese span sal ‘n profetiese woord van die Here aan u kind gee. Die profetiese woord word opgeneem en per epos aan u as ouer gestuur in ‘n MP3 formaat.
U kind is baie spesiaal vir die Here!
Jesus sê in Markus 10:14-16: “Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God. Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.” En Hy het sy arms om hulle geslaan, sy hande op hulle gelê en hulle geseën.
Let wel:
- Registrasies sluit op die Donderdag voor die inligtingsessie vir ouers.
- Die inligtingsessue is verpligtend vir alle ouers.
- Foto’s moet teen die Woensdag NA die inligtingsessie ingestuur word.
Toewysing Inligting-sessie
(Afr) direk na 09:00-diens in Kapel & (Eng) direk na 11:15-diens in die Konferensie-lokaal.
Verpligtend vir alle ouers
Kinder Toewyding datums vir 2021
Kinder Toewyding datums:Kinder Toewydings vind plaas tydens die Afrikaanse 09:00 / Engels 11:15 dienste. Sondae Oggende |
Inligting-sessie(Afr) direk na 09:00-diens in Kapel & (Eng) direk na 11:15-diens in die Konferensie-lokaal. Verpligtend vir alle ouers |
|
|