Copyright © Target Life 2012 – Designed by Abel Loedolff
Tel:  		 		012 845 8370		
Fax:  				086 626 4249				
Email: 		targetlife@lewendewoord.co.za
Adress:	Brummeriaweg 72
													Posbus 2059
													Silverton
																									0127
Contact us - Kontak ons:
Fotos Fotos Inskrywing Mail: targetlife@lewendewoord.co.za Koste TL Calender 2013.xlsx
E-pos
Fotos
Videos
Koste
Inskrywing
Kalender 2013
Facebook

Kostes


Die kostes vir die jaar 2014 beloop R 26,000. Die kostes sluit klasgelde, meeste van die kampe, ’n T-hemp, ’n baadjie, ’n buff, die leen van ’n rugsak vir die staptoer en 3 DVD’s vir die jaar in. Studente moet self spaar en geld vir die Journey (R3200) en Winklespruit (R2600) insamel. Target Life projekte sal studente help om die geld in te samel. Kos vir die staptoer (R500), padkos vir ekskursies en sakgeld vir die “Journey” (R800) en Winklespruit (R600) is nie hierby ingesluit nie.


Registrasiegelde van R4,000 moet na afloop van die keuringsonderhoud betaal word om ’n student se plek te verseker. Inname sluit 25 Januarie 2014 of sodra die kusus vol is. Hierdie registrasiegelde is nie met kansellasie verhaalbaar nie.  Verdere betalings vir die jaar moet voor of op die 3de van die maande Februarie tot September 2014 teen R 2,750 per maand geskied.


Die maandelikse bedrag van R2,750 kan op een van die volgende maniere betaal word:

1. Elektronies met voldoende verwysings (Studente Nommer)

2. D.m.v. ‘n eenmalige betaling

3. Maandeliks per tjek/kontant.

NB! Saam met die registrasiegelde moet ’n kontrak geteken word, waarin die persoon

verantwoordelik vir die betaling, hom/haar verbind om die klasgelde end uit te betaal

indien ’n student die kursus vroeër verlaat.



Bankbesonderhede     

ABSA

Rekeningnaam: Lewende Woord

Rekeningnommer: 4076806527

Takkode:  632005

Tjeks uitgemaak aan: Lewende Woord

Borge


Om die kwaliteit van hierdie kursus te verseker is volwasse leierskap onontbeerlik. Klasgelde is nie altyd voldoende om die kursus met die nodige voortreflikheid te bedryf nie en borge sal baie waardeer word. Indien u gelei voel om hierdie baie besondere saak te ondersteun is die geleentheid daar. U kan ‘n borgvorm of ‘n debietorder vorm bo aan hierdie bladsy download. Target Life is gereed om enige tyd meer inligting te verskaf of persoonlik met u in verbinding te tree. Kontak ons gerus by 012 845 8370 of targetlife@lewendewoord.co.za