| Jongvolwassenes
Studente & Jongvolwassenes: Algemeen: Die bediening vir studente en jong-volwassenes beoog om jongmense in die groep skoolverlaters tot en met jong-getroude-pare te aktiveer tot betrokkenheid by die gemeente en hulle sodoende te mobiliseer vir dit wat God vir hulle beplan het. Die strewe is om te alle tye te weet wat God se "nou-woord" vir die kerk is en om dan die jongvolwassenes te inspireer om alles in hulle vermoë te doen om dit uit te leef. Byeenkomste: Sondagaanddienste is dienste spesifiek vir die Studente en Jongvolwassenes en bo-en-behalwe die Sondagdienste vind ander byeenkomste weekliks op verskillende weeksaande plaas en neem die vorm aan van selgroepe en dissipelskapgroepe wat regoor die stad bymekaarkom en waarby jongmense kan inskakel. Kruisvuurkamp: Jaarliks word 'n kamp vir jongvolwassenes gereël oor paasnaweek. Hierdie kamp staan bekend as die Kruisvuurkamp en blyk telkens 'n lewensveranderde tyd vir die jongmense te wees. Dit is ook die grootste kamp van sy soort in Suid Afrika en is 'n hoogtepunt in die Lewende Woord jaarprogram. 2010 Kamp Datum: 2 - 5 April Vir meer inligting sien www.kruisvuurkamp.org.za |
|