Logo
Geaffilieerde Gemeentes (Affiliated Congregations)

Lewende Woord Geaffilieerde Gemeentes is `n platform wat geskep is vir gemeentes en bedieninge wat in broederskap met Lewende Woord wil affilieer. Die affiliasie word na 'n tydperk van ses maande amptelik gemaak deur `n sertifikaat wat deur Lewende Woord aan die betrokke gemeentes of bedieninge uitgereik word.
Beginsels van broederskap: Daar word van applikante verwag om die volgende beginsels van broederskap te onderskryf en na te kom:

  • Gemeentes bly totaal outonoom funksioneer wat die volgende sake betref:
  • Finansies
  • Bestuur
  • Besluite
  • Keuse van leierskap
  • Gemeentefunksies
  • Aanspreeklikheid vir enige regsgevolge
  • Die geaffilieerde gemeentes kan via Lewende Woord Brummeria by Binnelandse Sake vir 'n huweliksbevestigingslisensie aansoek doen.
  • Die leraars van buitebedieninge sal poog om die byeenkoms van buitebedieninge te Lewende Woord ten minste een maal per kwartaal by te woon.
  • Buitebedieninge is welkom om met Lewende Woord te skakel vir:
  • Hulp in besluite
  • Inspraak in probleemgevalle
  • Neem van dienste deur Lewende Woord-leraars
  • Persoonlike probleme
  • Buitebedieninge sal altyd Lewende Woord se hartklop en leerstelling met standpunte, prediking en optrede in ag neem, sodat Lewende Woord en die Koninkryk nie skade berokken word nie.
  • Buitebedieninge sal onder geen omstandighede ander gemeentes, denominasies en/of leraars afbreek en/of aanval nie.
  • Buitebedieninge sal altyd na ander leraars, gemeentes en denominasies uitreik vir eenheid en samewerking tot bevordering van die Koninkryk in die betrokke dorp/stad.


Vir verdere navrae, kontak Jacolien by tel: (012) 845-8450.


Rina & Nevil Norden, Senior Herderspaar