| Kamp vir Enkellopendes - Van oorlewing na oorwinning
KAMP VIR ENKELLOPENDES Datum: 27-29 Augustus 2010 Tema: "Van Oorlewing na Oorwinning" Plek: Woord In Aksie Kampterrein (Sien padkaart op registrasievorm) Kostes: R350 p/p (verblyf & etes ingesluit) Sluitingsdatum vir registrasie: Sondag 22 Augustus 2010. Navrae: Tel. (012) 8458322 Registrasie Gesluit. Kliek hier vir die Program 1. Vir wie is die kamp? Die kamp is ideaal vir persone:
Die kamp is interkerklik - alle denominasies en ouderdomme is welkom. 2. Wat is die doel van die kamp? Om te ontdek dat daar lewe en oorwinning na die pyn van verlies of bloot die afwesigheid van 'n lewensmaat. 3. Wat behels die kamp? Dit behels om volwasse persone byeen te bring om oor relevante onderwerpe te gesels en sodoende genesing te bewerkstellig. 4. Word kinders toegelaat? Nee, aangesien daar beperkte akkommodasie beskikbaar is. 5. Wat van die kamerindelings? Die kamerindelings word vooraf gedoen. Mans en dames word afsonderlik van mekaar in kamers ingedeel. Indien jy saam met ‘n vriendin kom, of in die geval van manspersone, saam met ‘n vriend, kan jy op die registrasievorm ‘n nota maak dat julle ‘n kamer wil deel. Indien jy alleen die kamp bywoon, probeer ons persone in dieselfde ouderdomsgroep in ‘n kamer indeel. 6. Wat sluit die kampfooie in? Die kampfooie sluit etes en eetgerei, slaapgeriewe en lesingsmateriaal in. (Bring eie enkelbed-beddegoed) 7. Kleredrag? Informeel en gemaklik. Ons wil graag ‘n beroep op die dames doen om nie gewaagde klere aan te trek nie. 8. Moet ek ekstra geld saam bring? Ja, daar is ‘n boekwinkel en snoepie wat gedurende die naweek oop is. 9. Waar gaan die kamp wees? By Woord In Aksie kampterrein, ongeveer 4 km vanaf die Zambesi/N1 kruising. Sien padkaart op registrasievorm vir aanwysings. 10. Vervoer? Daar word nie vervoer gereël nie, elke persoon is dus aanspreeklik vir eie vervoer tot by die kampterrein. |
|