Bedien

Bedieninge


Almal aktief diensbaar...


Raak deel van 'n bediening en verander sÓ ander se lewens!

Daar is 'n verskeidenheid van bedienings in die gemeente waarby jy betrokke kan raak. God het ons gemaak om as 'n span saam te funksioneer. Indien jy nog nie aktief betrokke is nie, wil ons jou uitnooi om jouself vir Sy werk binne ons gemeentekonteks beskikbaar te stel.

Bedieninge | Kliek op die bediening se naam indien jy meer oor die bediening wil weet.

  • Berading - Benodig jy berading of bevryding? Sukkel jy om mense te vergewe? Voel jy soms dat daar dinge is wat jou terughou in jou verhouding met God en mense? Jesus is die antwoord! Ons beradingsbediening is daar om jou te help loskom en vrykom van dit wat jou vreugde in die lewe wil steel.
  • Diakens - Manne en vroue van goeie karakter! Kom word deel van ons span dienswerkers en ervaar die seën van fisieke en geestelike diens in die gemeente, 1 Tim. 3:13.
  • Dramabediening - Kommunikeer die waarheid op 'n kreatiewe manier tydens eredienste! Hou jy van skryf, toneelspel, stelbou, dekor en ontwerp? Geniet jy dit om saam met mense te werk en pret te hê? Wel, dan is hierdie die regte bediening vir jou.
  • Gebedsbediening - Verander jou wêreld deur gebed! Gebed is kommunikasie met Jesus wat die vermoë het om alle omstandighede te verander. Raak vandag nog deel van ons gemeente se gebedsbediening...
  • Hospitaalbediening - Het jy 'n passie vir mense, veral siekes? Hou jy daarvan om ander te bemoedig en saam met hulle die Here te vertrou vir 'n wonderwerk? Ons hospitaalbediening is daarop gefokus om beide ons lidmate, asook nie lidmate, wat in die hospitaal opgeneem is te besoek en te bemoedig.
  • Huweliksbediening - God glo in gesonde huwelike, en ons ook!
  • Jeugbediening - Jongmens, God het 'n wonderlike en fenomenale roeping op jou lewe! Skakel in by ons jeugbediening en skud die wêreld vir Jesus! Komaan, ons wag vir jou!
  • Kinderbediening - Ons kinderbediening is daar om die ouers te ondersteun in hul belangrike taak om hul kinders volgens die Waarheid groot te maak. Tydens eredienste word kinders na omgesien en geestelik bedien in 'n veilige en opbouende omgewing. Het jy 'n liefde vir kinders?
  • Liefdadigheid - Daar is soveel mense wat staatmaak op ander se liefdadigheid. Ons liefdadigheidsbediening is daarop gefokus om die wat sukkel en swaarkry te help. Kom saai God se liefde op 'n praktiese wyse in iemand anders se lewe in. Aktiwiteite sluit in kos en klereverspreiding, ens.
  • Multi-Media - Multi-Media speel 'n belangrike rol in ons eredienste. Een van die beste maniere om God se Woord op 'n dinamiese wyse aan mense te bring is deur visuele kommunikasie. Geniet jy video redigering, die ontwikkeling van powerpoint aanbiedings of webblaaie, grafiese ontwerp, ens? Ja?, dan is hierdie bediening die plek vir jou.
  • Musiek - Kan jy sing en/of 'n instrument bespeel? Ons musiekbediening fokus op intimiteit met God. Ons hart en passie is om die hart van ons Koning Jesus te bedien en om ander aan te moedig om dieselfde te doen. Raak deel van ons wêreld van musikale lof en aanbidding, intersessie, geestelike oorlogsvoering, ens.
  • Profetiese - Ons Profetiese bediening is daar om die gemeente te dien deur strategiese insette te lewer. Die bediening fasiliteer ook opleiding binne die gemeentekonteks oor verskeie aspekte van die Profetiese, soos hoe om God se stem te hoor, die verskil tussen Ou en Nuwe Testament profesie, die Heilige Gees se werking, ens.
  • Selgroepe - Ons selgroepe kom weekliks in verskeie dele van die stad bymekaar. Hy jy 'n behoefte tot persoonlike interaksie met ander gelowiges? Soek jy 'n plek waar jy geestelik kan groei en positiewe verhoudings kan bou met ander mense wat ook lief is vir Jesus? Kom deel jou lewe saam met ons en skakel by een van ons selgroepe in. 
  • Tegnies - Sonder die Tegniesebediening sal ons eredienste beslis nie so vlot verloop nie. Hierdie bediening stel die gemeente in staat om alles wat tydens ons dienste gebeur behoorlik te kan hoor. Die bediening se aktiwiteite sluit in klankmeng (mix), die opstel van al die klanktoerusting, algemene onderhoud van die toerusting (luidsprekers, kabels, mikrofone, mengbank, ens.).