Babas

Baba Inseëning


"Bring die kindertjies na My toe..."

Wil jy jou baba inseën?
U kind is vir die Here so kosbaar en daarom is dit ons as gemeente 'n voorreg om u kind in te seën en aan die Here toe te wy.

Kinders word een keer per maand tydens 'n Sondagoggend diens ingeseën. Die datums hiervoor is vooraf bepaal en is beskikbaar op die maandprogram. Ouers moet hul kind/ers se besonderhede 2 weke voor die betrokke Sondag vir ons gee. Ons versoek die volgende van jou:

  1. Voltooi die inseënvorm en handig dit in of faks dit vir ons terug by (012) 335 0305. Jy kan die vorm hieronder aflaai.
                       Inseënvorm  in PDF Formaat http://www.lewendewoordoos.co.za/images/PDF%20Logo.gif

  2. 'n Kort geskrewe stukkie oor jou kind (nie meer as 10 lyne nie). Dit moet verkieslik 'n seëngebed wees wat jy jou kind toebid.
  3. 'n Foto van jou kind (700 x 525).
    Jy kan die bogenoemde punte 2 & 3 vir ons e-posEpos

Kinders is 'n wonderlike seën!
Baby Image

Jesus sê in Markus 10:14-16 "Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God. Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie. En Hy het sy arms om hulle geslaan, sy hande op hulle gelê en hulle geseën."

                       Mag jy vreugde vind in jou kind...